top of page

Welkom by
Kerk in Afrikaans 
in Nederland 

wie is ons.

Wie is ons

Ons is 'n groep Afrikaanse Suid-Afrikaners, wat graag saam in ons moedertaal, passievol Jesus wil dien en eer. Omgee en ondersteuning lê ons na aan die hart.
 
Ons wil graag saam met jou 'n pad stap om as Christen-gemeenskap in Jesus te groei.​
 
Wat kan ons vir jou beteken? Hoe kan jy ons versterk? Kom beleef ons diens, aanbidding en gesellige klets na die tyd. Sien uit daarna om jou te verwelkom!

Sunrise
ons glo.

Ons glo

Ons glo dat die Bybel God se Woord is. Ons streef daarna om God te verheerlik deur mense vir Jesus Christus te wen en toe te rus om getroue dissipels te wees, totdat Hy weer kom om Sy kerk te kom haal.

Ons glo dat God Heilig en Almagtig is en die Skepper is van hemel en aarde.

Ons glo dat Jesus Christus aan die kruis gesterf het en weer opgestaan het, om die straf vir menslike sonde te dra. Ons glo dat elkeen wat hul sonde aan God erken en bely en hul geloof in Jesus Christus alleen plaas vir hul verlossing, deur genade vir ewig kan en sal gered word.

Ons glo dat Heilige Gees in elke gelowige woon, hul daagliks lei en vertroos.

Ons glo dat God wil hê dat elke gelowige geestelik moet groei en dat Hy wil hê dit in ons lewens en die lewens van ons gesinne weerspieël moet word.

Praying_edited.jpg
byeenkomste.

Byeenkomste

Dagboek die datums vir ons byeenkomste in 2025 om 14:30

12 Januarie

16 Februarie

16 Maart

6 April

18 Mei

29 Junie

7 September

12 Oktober

9 November

6 Desember

Coffee and a Cookie

Kom skakel in

en raak deel van ons geestelike familie.

kom skakel in.

Adres: Zuideindseweg 7, 2645 BD Delfgauw, Nederland

kontak.

Kontak ons

  • Facebook

Dankie vir jou boodskap!

KVK: 92939619

Kerk in Afrikaans | In Nederland. Powered and secured by Wix

bottom of page